
Het jy geweet jou behoefte om reg te wees oor jou voorkoms, jou intelligensie, jou huweliksmaat of jou optrede is so sterk, dat jy jouself onbewustelik sal saboteer net om jouself reg te bewys? Selfs wanneer ons gekonfronteer word met bewyse dat ons verkeerd is, sal ons óf die feite verontagsaam, óf argumente vind om hulle weg te redeneer – en in die proses onsself bedrieg. In DIE BEHOEFTE OM REG TE WEES identifiseer Arnold Mol nie alleen die probleem nie, maar hy verskaf ook oplossings. Vanuit ’n Bybelse perspektief gee hy riglyne oor hoe ons ons selfbeeld kan verbeter, konflik meer doeltreffend kan hanteer en geestelik kan groei om die soort mens te word wat God wil hê ons moet wees.
Page Count:
148
Publication Date:
2018-05-29
ISBN-10:
1431621544
ISBN-13:
9781431621545
No comments yet. Be the first to share your thoughts!