
Soveel mense probeer God in ʼn boksie plaas van wie húlle dink Hy moet wees. In DIE GOD WAT EK LEER KEN HET bied Arnold Mol sy insigte en interessante perspektiewe op die God van die Bybel. Elke hoofstuk in DIE GOD WAT EK LEER KEN HET kyk na ’n spesifieke onderwerp, onder meer: • God se soewereiniteit • sy genade • sy Vaderskap • sy heerlikheid Die skrywer lig spesifieke verse uit die Bybel uit waarvolgens hy sy geloof en pad saam met God gerig het en wys so vir lesers hoe hulle ook hierdie bemoediging uit die Bybel kan ontdek. Die boek is ook deurweef met persoonlike getuienisse en praktiese verhale wat die heerlikheid van God openbaar. DIE GOD WAT EK LEER KEN HET is ’n getuienis van die dinge oor God wat die outeur ontdek het deur sy geestelike ervaring en hoe dit deel kan word van elke gelowige se reis.
Page Count:
244
Publication Date:
2013-06-05
ISBN-10:
1431608084
ISBN-13:
9781431608089
No comments yet. Be the first to share your thoughts!