
Demitria Costanas, ‘n professor by ‘n Christen-kollege, het ‘n donker geheim – sy het ‘n affair met haar kollega. Sy het haarself voorgeneem om haar buite-egterlike verhouding met die aantreklike dr. Zachary Archer te beeïndig, maar vir een laaste keer swig sy weer voor die versoeking van sy sjarme. In hierdie oomblik van swakheid en met een flits van ‘n kamera word Demi se private lewe en haar owerspel vir die wereld oopgevlek. Almal, insluitende sy self, het ‘n klip om te gooi... maar hoewel sy dit nog nie besef het nie, het haar pad na genesing op daardie oomblik begin. Saam met die onortodokse sielkundige, Sullivan Crisp, begin sy ‘n hobbelrige, maar hartverskerende en sielopheffende tog gevul met genesing en genade. Ervaar saam met Demi hoe God deur sy genade klippe van veroordeling, beskuldiging en skande in pragtige kunswerke omskep op die pad van genesing. Word saam met die karakters in die boek deur Sullivan Crisp se onortodokse beradingsmetodes gehelp om ‘n nuwe lewe aan te durf – vry van beskuldigings en veroordeling.
Page Count:
476
Publication Date:
2012-02-10
ISBN-10:
1415317437
ISBN-13:
9781415317433
No comments yet. Be the first to share your thoughts!