
Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing, word soos volg deur een van die inwoners beskryf: "Ons het eendag oor die Goukammarivier beweeg en die glinsterende water het die massiewe wilger-en eike bome in die water gereflekteer. Nadat ons weer op vaste grond gekom het, was die gras ʼn blougroen kleur wat met wit skynsels van die wit arumlelies afgewissel is. Tulpe, viooltjies en blouklokkies het die grond verder versier. Wit-melkhout, geelhout en Kaapse koeboebessiebome het soos reuse om ons uitgetroon. Die geluide van voëls was pragtig en toe sien ons ʼn Knysnaloerie, so groot soos ʼn posduif, met bloedrooi pote, smaraggroen rug en ʼn regopstaande kuif en met ʼn helder versierde kop. Die geluide wat die goue koekoek gemaak het was pragtig. Net ʼn entjie verder is die see helder blou met turkoois gedagtes, die berge skakerings van diepblou tot grysblou, en die lug skoon, helderblou en hemelsblou." Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing (wat ongeveer 20 kilometers van Knysna en 59 kilometers van George is), word deur sommige mense as die mooiste en mees diverse gebied in ons land beskou. Woorde wat gebruik word om die area te beskryf is gewoonlik "lushof", "pragplek", "paradys" en "verskeidenheid". Die natuurreservaat van 2500 hektaar bestaan uit verskillende tipes fynbos en woude, sowel as uit vleilande, vloedvlaktes, ʼn varswatermeer en ʼn riviermonding terwyl die marienereservaat uit ʼn kuslyn van ongeveer 18 kilometers bestaan. As gevolg van die mooi en diverse omgewing word verskeie (en skaars) voëls, visse, diere sowel as plante en boomspesies hier aangetref. Behalwe dat die omgewing baie mooi en divers is, het die gebied ʼn baie ryke geskiedenis wat reeds in die 1700's ontstaan het. Marius Bakkes, historikus en skrywer beskryf die boek soos volg: "baie interessant, insiggewend, volledig, boeiend en maklik leesbaar." ****Ebben Stegmann van Zyl is in Parow, Kaapprovinsie gebore. Hy bring egter meeste van sy grootword jare in Pretoria deur waar hy m
Page Count:
178
Publication Date:
2023-08-29
ISBN-13:
9798859490387
No comments yet. Be the first to share your thoughts!